Monday, March 24, 2014

Happy 21st!

By Arnia Kiara Oosthuizen

(This post is in Afrikaans and written for my best friend)



Liefste Melanie,

Die eerste dag wat ek jou ontmoet het, was die dag toe my lewe (onwetend) drasties sou verander. Twee awesome Graad Eentjies.
Dit het als begin by n sonpaneel sakrekenaar,
wat nie jou nommer aan die einde van die dag,
wou stoor nie. My hart was in stukke.

Ek sal nooit jou "Malkoei" drama-opvoering op die Voortrekker kamp vergeet nie,
Dis wat n mens noem; PRICELESS!

Hier is ons vandag, 14 jaar later, steeds vriendinne.
Maande gaan verby wat ons mekaar soms nie kan sien nie,
maar ons kekkel dan soos hoenders, wanneer ons mekaar weer sien.


Ek kan nie my lewe sonder jou in dink nie!


Jy is my woorde, wanneer ek nie kan praat nie.
Jy is die lag en die sonskyn vriendin, wat almal verdien.
Jy is 21 vandag.

Dankie vir jou vriendskap deur al die jare.
Mag ek en jy eendag met vals tande, nogsteeds stry oor wie s'n witter is.
Mag ek en jy mekaar eendag op rolstoele,
mekaar rondjaag in die gange van n ouetehuis.
Mag ek en jy lewenslank vriendinne bly.


Mag ek en jy altyd so MAL wees!

Jy weet wat nou gaan volg: 
(Warm gou stem op)

Singing don't worry about a thing,
'cause every little thing is gonna be allright!
(Sing it Ernie)

Singing don't worry about a thing,
'cause every little thing is gonna be allright!
(Sing it Bernie)


No comments: